Job 32:11-16 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

11. Ek het lank gewag.Ek het versigtig na julle argumente geluister.Ek het gehoor hoe julle na woorde soek.

12. Ek het met aandag geluister,maar nie een van julle kon Job se argumenteweerlê of hom antwoord nie.

13. Moenie sê: ‘Ons het wysheid gevind.Net God kan hom oortuig, nie ’n mens nie.’

14. As Job met my geredeneer het, sou ek nie dieselfde argumente as jullegebruik het nie!

15. “Julle is verslae.Julle het niks meer te sê nie, woorde ontbreek julle.

16. Moet ek aanhou wag, noudat julle stil geword het?Moet ek ook stilblyomdat julle niks het om te sê nie?

Job 32