18. Nee! Van jongs af sorg ek vir weeskinders soos ’n pa.My hele lewe lankgee ek om vir weduwees.
19. Waar ek ook al mense dakloos en ’n arm mansonder klere gesien het,
20. het hulle my geprys omdat ek vir hulle wolklere gegee hetom hulle warm te hou.
21. As ek gewelddadig wasteenoor ’n weeskind omdat ek gedink het ek sou daarmee wegkom –
22. mag my arm dan uit sy potjie gedraai word!Mag my arm van my skouer afgeruk word!
23. Dit sou beter wees as om onder die oordeel van God te kom.Want as ek teen die Allerhoogste moet staan, watter hoop is daar vir my?
24. “Het ek op geld vertrou,of gedink is ek veilig omdat ek baie goud besit?
25. Hang my geluk af van my rykdomen alles wat ek besit?
26. Het ek ooit gekyk na die son wat skyn,of na die maan se silwerbaan deur die ruimte,
27. en my heimlik laat verlei om hulle te aanbid?
28. As dit so was, sou regters my gestraf het,want ek sou die God van die hemel verloën het.
29. “Het ek ooit gejuig by die ondergang van my vyande?Of was ek bly as hulle skade gely het?
30. Nee, ek het nooit gesondigdeur enigiemand te vervloekof iemand te verwens nie.
31. My werkers het nooit gesêdat ek iemand laat honger ly nie.
32. Ek het nooit ’n vreemdeling weggewys nie.My deur het altyd vir almal oopgestaan.
33. Het ek ooit probeer om my sondes weg te steeksoos mense graag doen?Het ek my ongeregtighede probeer ontken?
34. Het ek stilgebly daaroor en nie buitentoe gegaan nieomdat ek bang was dat mense op my sou neersienen my verag?
35. “As daar maar net iemand was wat na my wou luister en my kant van die saakwou sien! Kyk, ek teken my naam as my verdediging. Laat die Almagtige my wys dat ek verkeerd is. Laat my Aanklaer die klag teen my uitskryf!
36. Dan sou ek die aanklag teenstaan.Ek sou dit dra soos ’n kroon.
37. Want ek sou Hom presies sêwat ek gedoen het.Ek kan voor Hom staan, soos ’n prins.