Job 31:14-26 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

14. hoe sou ek God in die oë kon kykwanneer Hy my totverantwoording roep? Wat sou ek antwoord as Hy my daaroor ondervra?

15. Want Hy het my en my werkers gemaak. Hy is ons almal se Skepper.

16. “Het ek geweier om die armes te help?Of die hoop vernietig van die weduwees wat na my gekyk het vir hulp?

17. Was ek suinig met my kos en het ek geweier om dit te deel met honger weeskinders?

18. Nee! Van jongs af sorg ek vir weeskinders soos ’n pa.My hele lewe lankgee ek om vir weduwees.

19. Waar ek ook al mense dakloos en ’n arm mansonder klere gesien het,

20. het hulle my geprys omdat ek vir hulle wolklere gegee hetom hulle warm te hou.

21. As ek gewelddadig wasteenoor ’n weeskind omdat ek gedink het ek sou daarmee wegkom –

22. mag my arm dan uit sy potjie gedraai word!Mag my arm van my skouer afgeruk word!

23. Dit sou beter wees as om onder die oordeel van God te kom.Want as ek teen die Allerhoogste moet staan, watter hoop is daar vir my?

24. “Het ek op geld vertrou,of gedink is ek veilig omdat ek baie goud besit?

25. Hang my geluk af van my rykdomen alles wat ek besit?

26. Het ek ooit gekyk na die son wat skyn,of na die maan se silwerbaan deur die ruimte,

Job 31