Job 31:1-17 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. “Ek het myself belowe dat ek nooit na ’n jong meisie sal kyk om haar te begeer nie.

2. Wat het God daarbo vir ons gekies? Wat is ons erfdeel van die Almagtige?

3. Dit is ellende vir die kwaaddoener en rampe vir die boosdoener.

4. Sien Hy nie hoe ek optree nie?Tel Hy nie elke tree wat ek gee nie?

5. “Het ek ooit vir iemand gelieg,of iemand bedrieg?

6. Laat God my dan weeg met die regte maatstaf.Hy ken my onskuld.

7. Het ek van die regte pad afgedwaal?Of het ek iets begeer wat ek gesien het?Is ek skuldig aan enige ander sonde?

8. Laat iemand anders dan oeswat ek geplant heten alles uitplukwat ek gesaai het.

9. “As ek verlei is deur ’n vrou of my buurman se vrou begeer het,

10. mag my vrou aan ’n ander behoorten ander mans by haar slaap.

11. Want wellus is ’n skandelike sonde,’n misdaad wat gestraf moet word.

12. Dit is ’n vernietigende vuur.Dit sou alles verwoes het wat ek besit.

13. “As ek onregverdig was teenoor my manlike en vroulike werkers,of geweier het om na hulle te luister,

14. hoe sou ek God in die oë kon kykwanneer Hy my totverantwoording roep? Wat sou ek antwoord as Hy my daaroor ondervra?

15. Want Hy het my en my werkers gemaak. Hy is ons almal se Skepper.

16. “Het ek geweier om die armes te help?Of die hoop vernietig van die weduwees wat na my gekyk het vir hulp?

17. Was ek suinig met my kos en het ek geweier om dit te deel met honger weeskinders?

Job 31