Job 30:2-8 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

2. Hulle was in elk geval vir my niks werd nie – ’n klomp nuttelose skurke!

3. Uitgeteer van honger dwaal hulle verlatein die woestyn en die wildernis.

4. Hulle maak blare bymekaar by die bosseen eet die wortels van besembosse.

5. Hulle is weggejaag uit die samelewing.Mense skree op hulle soos op diewe.

6. Daarom leef hulle nou in skrikwekkende klowe,in rotsskeure en grotte.

7. Hulle klink soos diere waar hulle tussen die wilde struike leween saam skuiling soek tussen die bossies.

8. Hulle is naamlose dwase,uitgeworpenes van die samelewing.

Job 30