Job 30:12-29 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

12. Die spul val my aan.Hulle loop my voete onder my uit.Hulle lê strikke in my pad.

13. Hulle versper my pad en doen alles om my ellende te verergerterwyl hulle weet dat ek niemand het om my te help nie.

14. Hulle storm uit alle rigtings op my af,waar ek geval het, storm hulle oor my.

15. Ek lewe in angsen het geen selfrespek oor nie.My hoop dat ek gered kan word, het soos mis voor die son verdwyn.

16. “Dit voel of die lewe uit my loop.Hartseer oorweldig my elke dag.

17. In die nag hou die pyn my wakkersoos dit vreet aan my bene.

18. God het my met geweld aan my klere gegryp. Hy gryp my aan my jas se kraag.

19. Hy gooi my in die modder.Ek het soos stof en as geword.

20. “Ek roep na U, o God,maar U antwoord nie. Ek staan voor U, maar U sien my nie raak nie.

21. U was genadeloos teenoor my.U vervolg my met u groot krag.

22. U tel my op en laat die wind my wegwaai.U gooi my rond in die storm.

23. Ek weet U stuur my na die dood, die bestemming van alles wat leef.

24. “Sekerlik sal niemand die hand lê op ’n stukkende mens wat in sy ellende om hulp roep nie!

25. Het ek nie gehuil oor mense wat swaarkry nie?Was ek nie hartseer oor arm mense se lyding nie?

26. Daarom het ek medelye verwag. Maar in plaas van goed, het kwaad my getref.Ek het gewag vir die lig, maar dit het donker gebly.

27. Ek is ontsteld en rusteloos.My lewe bestaan uit swaarkry.

28. Ek leef in somberheid waar die son nie meer vir my skyn nie.Ek staan op die plein en roep om hulp.

29. Die jakkalse is my broers en ek lewe saam met volstruise.

Job 30