1. “Maar nou word ek bespot deur jong manne wie se pa’s te sleg was om saam met honde my skape op te pas.
2. Hulle was in elk geval vir my niks werd nie – ’n klomp nuttelose skurke!
3. Uitgeteer van honger dwaal hulle verlatein die woestyn en die wildernis.
4. Hulle maak blare bymekaar by die bosseen eet die wortels van besembosse.
5. Hulle is weggejaag uit die samelewing.Mense skree op hulle soos op diewe.
6. Daarom leef hulle nou in skrikwekkende klowe,in rotsskeure en grotte.
7. Hulle klink soos diere waar hulle tussen die wilde struike leween saam skuiling soek tussen die bossies.
8. Hulle is naamlose dwase,uitgeworpenes van die samelewing.
9. “Dit is nou hulle wat my spot met hulle walglike liedjies! Hulle tart my!