1. Job het die gesprek voortgesit:
2. “Ek verlang na die ou jare,na die tyd toe God vir my gesorg het,
3. toe Hy die pad voor my oë verlig hetsodat ek veilig in die donkerte kon loop.
4. In my vroegste jare was God ’n vriend in my huis.
5. Die Almagtige was nog by myen my kinders was om my.
6. In daardie dae het my koeie oorvloedig melk gegee en daar het strome olie uit my olyfboorde gevloei.