Job 28:6-17 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

6. Mense kan saffiere uit die rotsen goudstof uit die stof haal.

7. Dit is skatte wat geen roofvoël kan sien nie, en geen arendsoog kan bespeur nie.

8. In diep myne hetgeen wilde dier nog gekom,geen leeu het daar geloop nie.

9. Mense weet hoe om rotse te breek en die wortels van berge om te keer.

10. Hulle maak tonnels in die rotse en kry daar kosbare skatte.

11. Hulle dam strome op en bring verborge skattena die lig.

12. “Maar weet mense waar om wysheid te vind?Waar sal hulle soek vir begrip?

13. Niemand weet waar om dit te vind nie.Nêrens tussen die lewendes is dit te vind nie.

14. ‘Dis nie hier nie,’sê die oseaan. ‘Dis ook nie by my nie!’ sê die see.

15. Jy kan dit nie met goud koop nie, jy kan nie silwer daarvoor afweeg nie.

16. Die waarde daarvan is meer as al die goud van Ofir, en groter as die kosbare stene van oniks of saffiere.

17. Wysheid is meer kosbaar as goud en kristal.Jy kan dit nie koop met goud-gemonteerde juwele nie.

Job 28