Job 24:1-9 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. “Waarom het die Almagtige nie ’n dag van afrekening vir die kwaaddoener nie?Waarom wag die regverdige tevergeefs op Hom?

2. Bose mense steel grond deur grenslyne te verskuif.Hulle steel skapeen laat hulle wei op hulle eie weiveld.

3. Hulle vat selfs donkies van die weeskind.Hulle vat die weduwee se bees as borg.

4. Hulle druk die armes uit die pad.Die behoeftiges in die landmoet vir hulle wegkruip.

5. Die armes moet soos wildedonkies in die woestyn sukkel om liggaam en sielaan mekaar te hou.Hulle soek kos in die woestyn vir hulle en hulle kinders.

6. Hulle versamel veevoer op ’n ander se landerye en oes oorskiettrossies in die wingerde van die kwaaddoener.

7. Snags lê hulle sonder klere in die koue,sonder iets om hulle toe te maak.

8. Hulle is deurweek deur reën uit diebergeen bondel almal saamteen die rotse vir skuiling.

9. Weeskinders word weggeruk van die bors waaraan hulle drink.Die baba van die arme word as borg vir skuld geneem.

Job 24