Job 21:21-30 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

21. Na hulle dood skeel dit hulle minwat met hulle families gebeur, wanneer hulle eers dood is.

22. “Maar wie is daar wat vir God kan onderrig?Hy is immers die Regter oor al die belangrike mense.

23. Een mens sterf in die fleur van sy lewe in voorspoed en veiligheid,

24. die prentjie van blakende gesondheid, sterk en fris.

25. ’n Ander mens sterfin uiterste armoede.Hy het nooit iets goeds in die lewe beleef nie.

26. Albei word begrawe in dieselfde grond, albei word deur wurms opgevreet.

27. “Kyk, ek weet wat julle dink.Ek weet van die planne wat julle teen my smee.

28. Julle wil my vertel van ryk en bose mense wie se huise verdwyn hetas gevolg van hulle sondes.

29. Vra vir die mense wat baie reis.Hulle sal julle die waarheid vertel:

30. Bose mense kom nie in moeilikheid nie.Hulle word toegelaat om aan rampe te ontsnap.

Job 21