Job 21:21-25 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

21. Na hulle dood skeel dit hulle minwat met hulle families gebeur, wanneer hulle eers dood is.

22. “Maar wie is daar wat vir God kan onderrig?Hy is immers die Regter oor al die belangrike mense.

23. Een mens sterf in die fleur van sy lewe in voorspoed en veiligheid,

24. die prentjie van blakende gesondheid, sterk en fris.

25. ’n Ander mens sterfin uiterste armoede.Hy het nooit iets goeds in die lewe beleef nie.

Job 21