18. Die wind jaag hulle nie soos strooi rond nie.En die stormwind doen niks aan hulle nie.
19. ‘Ja,’ sê jy, ‘God sal dan hulle kinders straf!’Ek meen God behoort dié wat sondig, te straf,en nie hulle kinders nie.Laat húlle self die straf uitdien!
20. Laat hulle self sien hoe hulle vernietig word.Laat hulle diep drink van die woede van die Almagtige!
21. Na hulle dood skeel dit hulle minwat met hulle families gebeur, wanneer hulle eers dood is.
22. “Maar wie is daar wat vir God kan onderrig?Hy is immers die Regter oor al die belangrike mense.
23. Een mens sterf in die fleur van sy lewe in voorspoed en veiligheid,