Job 21:1-17 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Job het weer gepraat:

2. “Luister goed na wat ek sê.Julle vertroos my al klaar as julle dit doen.

3. Verdra my en laat my praat.As ek klaar is, kan julle my spot!

4. “Ek kla God aan, nie mense nie.Daarom is ek so ongeduldig!

5. Kyk na my en staan verstom.Hou jou hand oor jou mond van skok.

6. As ek dink aan wat ek kwytraak, bewe ek.My hele lyf bewe.

7. Die waarheid is: goddeloses word stokoud!Hulle word ryk en beroemd.

8. Hulle sien hoe hulle kinders volwassenheid bereik,en geniet hulle kleinkinders.

9. Hulle huise is veilig;daar is niks wat hulle vrees nie.God straf hulle ook nie.

10. Hulle bulle dek al die koeie.Hulle koeie kalfen het geen misgeboorte nie.

11. Hulle kinders spring vrolik rondsoos lammetjies,hulle dans oral rond.

12. Hulle sing saam met tamboeryn en lier.Hulle is vrolikterwyl die fluit speel.

13. Hulle leef in voorspoeden gaan na die graf in vrede

14. en dit terwyl hulle vir God sê: ‘Gaan weg! Ons wil niks met U te doen hê nie.

15. Wie is die Almagtige dat ons Hom sou gehoorsaam? Watter nut is daarin om tot Hom te bid?’

16. Maar hulle voorspoed hang nie af van hulleself nie.Daarom kan ek nie saamstemmet hoe hulle dink oor die lewe nie.

17. “Die lewenslig van die goddeloseword egter nooit gedoof nie.Hulle kry selde swaar. As God oordeel uitdeel, gaan Hy by hulle verby.

Job 21