Job 20:13-26 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

13. Hulle het dit geproe,en draai dit om en om in hulle mond.

14. Maar die soetigheid sal skielik suur word,soos die gif van ’n slang in hulle maag.

15. Die rykdom wat hy verorber het,sal hy alles uitbraak. God sal hom dit nie laat behou nie.

16. Hy drink die gif van slange. ’n Adder sal hom doodmaak.

17. Hy sal nooit weer die oorvloedvan olyfolie, die riviere van melk en heuning kan geniet nie.

18. Sy harde werk word nie beloon nie. Sy rykdom bring homgeen vreugde nie.

19. Want hy het die armes verdruk en hulle verwaarloos.Hy vat vir hom huise wat hy nie gebou het nie.

20. “Daar is geen einde aan sy gulsigheid nie. Daar bly niks oor van alles wat hulle opgegaar het nie.

21. Niks het oorgebly as hulle klaar geëet het nie.Daarom sal hulle voorspoed nie voortduur nie.

22. Te midde van oorvloed tref moeilikheid hom,en hy word deur rampe verwoes.

23. Terwyl hy versadig is, oorval God se oordeel hom.God laat sy straf op hom neerdaal.

24. Al probeer hy ontsnap van ’n ysterwapen,’n koperpyl sal hom deurboor.

25. Terwyl hy die pyl trek uit sy rug en die glansende punt uit sy gal,word hy oorval deur die verskrikking van die dood.

26. Sy skatte is verlore in die duisternis.’n Vuur wat nie deur mense aangesteek is nieverteer hom,alles wat hy nagelaat het, word verbrand.

Job 20