Job 18:17-21 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

17. Alles wat herinner aan hulle bestaan,sal verdwyn van die aarde.Niemand sal hulle name onthou nie.

18. Hulle sal uit die lig in die duisternis gegooi word,uitgedryf uit die wêreld.

19. Geen kind of kleinkind,of enige naasbestaande, sal in hulle land oorleef nie.

20. In die weste is mense geskok oor hulle lot. In die ooste is almal met afgryse gevul.

21. Hulle sal sê: ‘Dit was die huis van ’n bose mens, die plek van iemand wat deur God verwerp is.’”

Job 18