1. “My gees is gebreek, my dae word kort. Die graf wag vir my.
2. Spotters omring my.Ek sien hoe hulle my tart.
3. “Verdedig my onskuld, o God, want niemand anders kom op vir my nie!
4. U sluit hulle verstand vir begrip.Laat hulle nie triomfeer nie.
5. Hulle verraai hulle vriendetot hulle eie voordeel,maar hulle eie kinders vergaan van ellende.
6. “God maak ’n bespotting van mytussen die mense.Hulle spoeg my in die gesig.
7. My oë is dof gehuil,en ek is net maar ’n skadu van my ou self.