Job 14:11-22 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

11. Soos water verdamp uit ’n meer,en ’n rivier verdwyn in droogte,

12. so gaan lê die mens wanneer hy sterf en kom nie weer regop nie.Tot die hemele ophou bestaan, sal hulle nie weer wakker word of uit hulle slaap gewek word nie.

13. “Ek wens U wou my wegsteek in ’n grafen van my vergeet totdat u woede verby is.Maar merk my op u kalender om my weer te onthou!

14. Wanneer sterflikes sterf, kan hulle weer lewe? Dié gedagte sal my hoop gee,en deur my worsteling sal ek gretig wag op die vrylating.

15. U sal roep en ek sal antwoord.U sal verlang na my,u handewerk.

16. Dan sal U my voetstappe tel, in plaas daarvan om te kykvir my sondes.

17. My sondes sal verseël wees in ’n saken U sal my oortredings bedek.

18. Maar soos berge tuimel en verkrummel,en ’n rots van sy plek val,

19. soos water rotse verweer en ’n vloed grond wegspoel,so vernietig U mense se hoop.

20. U oorweldig hulle altyd, en hulle verdwyn van die toneel.U verander hulle voorkoms en stuur hulle weg.

21. Hulle weet nooit of hulle seuns grootword in eerof wegsink in nietigheid nie.

22. Hulle word verteer deur hulle eie pyn en treur oor hulleself.”

Job 14