Job 13:20-28 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

20. O God! Daar is twee dinge wat ek van U wil smeek,dan sal ek voor U kan staan.

21. Vat net u hand weg van my en moet my nie verskrik met u ontsagwekkende teenwoordigheid nie.

22. Ontbied my nou, en ek sal antwoord!Of laat my eerste praat sodat U kan antwoord.

23. Sê vir my wat ek verkeerd gedoen het.Wys my my opstand en my sonde.

24. Waarom draai U weg van my?Waarom beskou U my as u vyand?

25. Sou U ’n windverwaaide blaar skrik maak, of jaag agter ’n grasstoppel aan?

26. U het bittere aanklagte teen my gelê.U skryf al die sondes op vanaf my jeug.

27. U sit my voete in ’n blok.U let op al my paaie en volg al my spore.

28. “Ek droog weg soos hout wat verrot, soos ’n motgevrete kleed.”

Job 13