Job 13:2-8 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

2. Ek weet net soveel as julle.Julle is niks beter as ek nie.

3. Hoe wens ek dat ek reguit met die Almagtige kon praat!Ek wil my saak self aan God gaan stel.

4. Julle beswadder my met leuens.Julle is niks anders as kwaksalwers nie!

5. Bly liewer stil!Dis die slimste ding wat julle kan doen!

6. Luister na my klag.Gee aandag aan my betoog.

7. Verdedig julle God met leuens en gebruik julle oneerlike argumenteom sy ontwil?

8. Is julle partydig vir Hom?Wil julle God se saak verdedig?

Job 13