Job 13:10-28 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

10. Nee, julle sal by Hom in die moeilikheid wees as Hy uitvind dat julle in hierdie hofsaak kant kies.

11. Vervul sy verhewe mag julle nie met skrik nie? Word julle nie aangegryp deur vrees vir Hom nie?

12. Die waarde van julle stellings is soos as.Julle verdedigingis so broos soos ’n kleipot!

13. “Bly nou stil en laat my alleen!Laat my praat,en ek sal die gevolge dra.

14. Waarom sal ek my lewe waag en sê wat ek dink?

15. God kan my maar tref,maar ek het geen ander hoop nie.Ek gaan my saak voor Hom stel.

16. Maar dít is wat my sal red: dat ek nie Godloos is nie.As ek so was, sou ek nie kon komin sy teenwoordigheid nie.

17. Luister goed na wat ek nou gaan sê,en neem dit ter harte.

18. Ek het my saak voorberei.Ek sal my onskuld bewys.

19. Wie kan hieroor met my stry? As iemand my verkeerdbewys,sal ek swyg en sterf.

20. O God! Daar is twee dinge wat ek van U wil smeek,dan sal ek voor U kan staan.

21. Vat net u hand weg van my en moet my nie verskrik met u ontsagwekkende teenwoordigheid nie.

22. Ontbied my nou, en ek sal antwoord!Of laat my eerste praat sodat U kan antwoord.

23. Sê vir my wat ek verkeerd gedoen het.Wys my my opstand en my sonde.

24. Waarom draai U weg van my?Waarom beskou U my as u vyand?

25. Sou U ’n windverwaaide blaar skrik maak, of jaag agter ’n grasstoppel aan?

26. U het bittere aanklagte teen my gelê.U skryf al die sondes op vanaf my jeug.

27. U sit my voete in ’n blok.U let op al my paaie en volg al my spore.

28. “Ek droog weg soos hout wat verrot, soos ’n motgevrete kleed.”

Job 13