Job 12:21-25 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

21. Hy stort skande uit oor prinse,en buit wapens van sterkes.

22. Hy oorspoel donker dinge met lig,en verlig die diepste duisternis.

23. Hy bring nasies tot standen vernietig hulle.Hy laat nasies groeien verwerp hulle.

24. Hy verwyder die insig van konings en laat hulle ronddwaalin ’n wildernis sonder ’n pad.

25. Hulle tas in die donker sonder ’n lig.Hy laat hulle slinger soos dronkaards.”

Job 12