Job 12:17-21 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

17. Hy lei raadgewers wegen stroop hulle van goeie oordeel.Hy dryf regters tot waansin.

18. Hy verwyder die klere van konings. Hulle word as slawe weggelei.

19. Hy stroop priesters van hulle status en onttroon die magtiges.

20. Die vertroude raadgewermaak Hy stil,en die insig van die leiers neem Hy weg.

21. Hy stort skande uit oor prinse,en buit wapens van sterkes.

Job 12