Job 11:2-10 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

2. “Moet iemand nie antwoord op hierdie stortvloed van woorde nie? Is ’n mens onskuldig net omdat jy baie kan praat?

3. Moet ek stilbly te midde van jou sinlose gepraat? Wanneer jy God tart,moet iemand jou nie skaam maak nie?

4. Jy sê vir God: ‘My sienswyse is suiwer.Ek is onskuldig voor U!’

5. As God tog net wou praat!As Hy jou net wou sê wat Hy dink!

6. As Hy jou net kon vertel van die geheime van wysheid,want ware wysheid is nie eenvoudig nie. Luister! God straf jou beslis minderas dit wat jy verdien.

7. “Kan jy die geheime van God ontrafel?Kan jy alles ontdek wat daar is om te weetvan die Almagtige?

8. Daardie kennis is hoër as die hemel. Wie is jy om daaroor te praat?Daardie kennis is dieper as die doderyk. Wat kan jy weet in vergelyking met Hom?

9. Dit is groter as die aarde en breër as die see.

10. “As God kom en iemand in die tronk sit, wie kan Hom keer?Of as Hy iemand hof toe sleep, wie gaan Hom stop?

Job 11