Job 11:10-20 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

10. “As God kom en iemand in die tronk sit, wie kan Hom keer?Of as Hy iemand hof toe sleep, wie gaan Hom stop?

11. Want Hy ken die valse mense.Hy weet van al hulle sondes.

12. ’n Dom mens sal net so min wys word as wat ’n wildedonkie ’n mak vul sal kry.

13. “As jy net jou hart aan Hom wil wy en jou hande na Hom oplig in gebed!

14. Raak ontslae van jou sondes.Los alle ongeregtigheidagter jou.

15. Dan sal jou gesig verhelder in onskuld. Jy sal sterk wees en vry van angs.

16. Jy sal jou swaarkry vergeet.Dit sal weg wees soos water onderdeur ’n brug.

17. Jou lewe sal helder wees soos in die middel van die dag,alle donkerte so helder soos die oggendlig.

18. Jy sal vol moed wees omdat jy hoop sal hê.Jy sal beskerm wees en rus in veiligheid.

19. Jy sal sonder vrees gaan slaap,en baie sal na jou kyk vir hulp.

20. Maar die kwaaddoeners sal verblind wees. Daar is vir hulle geen ontsnapping nie. Hulle hoop verander in wanhoop.”

Job 11