9. “Ons land is nou ’n puinhoop, maar ons sal dit herbou sodat dit beter is as voorheen. Ons sal die gebreekte bakstene vervang met gekapte klip, die wildevyebome met seders.”
10. Die Here stuur Resin se vyande, die Assiriërs, teen hulle.
11. Saam met hulle kom ook die Arameërs uit die ooste en die Filistyne uit die weste. Hulle sal hulle tande wys en Israel opeet. Maar selfs dan sal die Here se woede nie afgekoel wees nie. Sy vuis is nog reg om te slaan.
12. Selfs ná al hierdie straf sal die volk hulle steeds nie bekeer en na die Here, die Almagtige, terugdraai nie.
13. Daarom sal die Here vir Israel in één dag vernietig. Hy sal die kop en die stert, palmtak en biesie afsny.