Jesaja 9:6-11 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

6. Sy heerskappy en vrede sal voortdurend uitbrei en nooit ophou nie. Vanaf die troon waarop sy voorouer Dawid gesit het, sal Hy vir altyd regverdig en reg regeer. Die toewyding van die Here,die Almagtige, sal dit waarborg.

7. Die Here het teen Jakob gepraat. Hy het Israel aangespreek:

8. Al die mense, Israel en die inwoners van Samaria, gaan dit een van die dae agterkom. Hulle sê ewe trots en vol arrogansie:

9. “Ons land is nou ’n puinhoop, maar ons sal dit herbou sodat dit beter is as voorheen. Ons sal die gebreekte bakstene vervang met gekapte klip, die wildevyebome met seders.”

10. Die Here stuur Resin se vyande, die Assiriërs, teen hulle.

11. Saam met hulle kom ook die Arameërs uit die ooste en die Filistyne uit die weste. Hulle sal hulle tande wys en Israel opeet. Maar selfs dan sal die Here se woede nie afgekoel wees nie. Sy vuis is nog reg om te slaan.

Jesaja 9