3. Toe U lank gelede afgekom het,het U ontsagwekkende dingegedoen, wat ons nie verwag het nie,en die berge het voor U gebewe.
4. Vandat die wêreld gemaak is, het geen oor gehoor of oog ’n God gesiensoos U,wat doen wat U doenvir dié wat op U vertrou nie.
5. U help mense wat met blydskap doen wat U beveel,wat u weë onthou.Maar ons het aangehou om verkeerd te doen.U was kwaad vir ons.Hoe kan ons ooit gered word?
6. Voor U het ons almal gewordsoos iemand wat onrein is.Ons beste dade is soos vuil klere,soos verskrompelde blare.Deur ons sondes waai die wind ons weg.