Jesaja 56:1-3 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. So sê die Here:“Tree regverdig en eerlik op, doen wat reg en goed is, want Ek is op pad om julle te red.

2. Geseënd is almal wat versigtig dit alles doen.Geseënd is elkeen wat my Sabbatdae onderhoudeur te weier om dan te werk.En geseënd is almal wat weier om die verkeerde te doen.

3. “’n Uitlander wat deel geword het van die volk van die Heremoenie dink: ‘Die Here sal my sekerlik uitsluit van sy volk!’ nie.’n Ontmande moenie dink:‘Ek is maar ’n droë boom!’ nie.”

Jesaja 56