Jesaja 5:26-30 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

26. Hy sal ’n teken gee vir nasies wat ver weg is. Hy sal fluit vir hulle by die eindes van die aarde, en hulle sal aangehardloop kom.

27. Hulle sal nie moeg word of struikel nie. Hulle hardloop sonder om te rus of te slaap. Nie ’n gordel sal loshang of ’n skoenriem stukkend wees nie.

28. Hulle pyle sal skerp wees en hulle boë reg vir die geveg. Vonke spat van hulle perde se hoewe soos die wiele van hulle waens en soos die windin alle rigtings draai.

29. Hulle brul soos leeus. Hulle bespring hulle prooi. Hulle sal my volk gryp, hulle in ballingskap wegdra, en daar sal niemand wees wat hulle red nie.

30. Die vyandige nasies sal grom soos die see oor hulle slagoffers. ’n Wolk van donkerte en hartseer sal oor Israel hang. Die lig sal verduistervoor die wolke.

Jesaja 5