21. Praat saam, stel julle saak,bring julle bewyse dat afgode kan vertelwat in die toekoms gaan gebeur.Wie het lankal terug gesê wat gaan gebeur? Was dit nie Ek, die Here, nie? Want daar is geen ander God as Ek nie,’n regverdige God en ’n Redder.Buiten My is daar niemand nie.
22. “Laat die hele wêreld na My toe kom sodat julle gered kan word.Want Ek is Goden daar is geen ander nie.
23. Ek lê ’n eed af by my Naam, en sal nooit teruggaan op wat Ek gesê het nie:Elke knie sal voor My buig,en elke mond sal lojaliteit aan My sweer.”