Jesaja 33:12-15 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

12. Jou mense sal soos kalk verbrand word.Soos afgekapte doringbosse sal hulle verbrand word.

13. “Luister na wat Ek gedoen het,julle nasies wat daar ver is.En julle hier naby, erken my mag.”

14. Die sondaars in Sion bewe van vrees.Die goddeloses is vol angs:“Wie van ons kan dit uithouin ’n verterende vuur?Wie van ons kan uithou in ’n vuur wat aanhou brand?”

15. Net mense wat reg leween sê wat reg is,wat weier om deur bedrieëry wins te maak, wat wegbly van omkopery, wat nie luister na moordplanne nieen hulle oë toemaak vir die beplanning van misdade.

Jesaja 33