12. Slaan op julle borste van smart.Want julle oorvloedige plase is een van die dae daarmee heen.So ook julle vrugbare wingerde.
13. Want julle land sal oorgroei word met dorings en dissels.Julle vrolike huiseen gelukkige stede sal weg wees.
14. Die paleis en die stad sal verlate lê.Besige dorpe sal leeg wees.Troppe donkies en bokke sal op die heuwels wei waar julle uitkyktorings eers gestaan het.
15. Dit sal so bly totdat die Gees uit die hemeloor ons uitgestort word.Dan word die woestyn ’n vrugbare veld.En die vrugbare veld word ’n welige woud.
16. Regverdigheid sal in die woestyn heers,en geregtigheid in die vrugbare veld.