1. Kyk, daar kom ’n koning wat regverdig sal wees!En leiers sal eerlik oor die volk regeer.
2. Hy sal Israel beskerm teen die wind en die storm.Hy sal hulle verfris soos ’n rivier in die woestyn en soos die koel skaduwee van ’n groot rots in ’n verlate land.
3. Dan sal almal wat kan sien, God raaksien.En almal wat kan hoor, sal na sy stem luister.