Jesaja 17:12-14 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

12. Kyk! Die soldate van baie nasies storm nader soos golwe wat teen die kus breek.

13. Al raas hulle soos branders wat op die strand breek, God sal hulle stilmaak. Hulle sal wegvlug soos kaf wegwaai in die bergwindof soos ’n tolbos in ’n storm dwarrel.

14. Die aand nog wag Israel in angs, maar teen sonsopkomsis hulle vyande vernietig.Dit is die verdiende loon van die vyand wat ons beroof. Dit is die lot van diéwat ons besittings plunder.

Jesaja 17