Jesaja 16:7-9 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

7. Die hele land Moab huil. Ja, julle mense van Moab,huil oor die rosyntjiekoekevan Kir-Geres.

8. Huil oor die verlate plase van Gesbon en die wingerde van Sibma. Die wyn van hierdie wingerde het konings van nasies dronk laat word. Moab was soos ’n wingerdwat gestrek het tot by Jaseren gerank het tot in die woestyn. Die ranke hettot by die Dooie See gekom.

9. Maar nou het die vyand die wingerd vernietig. Daarom huil Ek vir Jaseren die wingerde van Sibma. My trane loop oor Gesbon en Elale, want julle vrugte-oes en graanoesis vernietig.

Jesaja 16