1. Vlugtelinge uit Moab stuur uit Sela in die woestynlammers na Jerusalemom die koning van Juda se guns te wen.
2. Soos fladderende voëltjies wat uit die nes geskop is,so is die vroue van Moabby die Arnondriwwe.
3. “Help ons,” roep hulle. “Beskerm ons teen ons vyande. Beskerm ons vlugtelinge teen hulle aanvalle. Moet ons nie verraai nie.
4. Laat Moab se vlugtelinge tussen julle bly. Beskerm ons tot die vernietiger verbygegaan het.”Wanneer verdrukking en verwoesting verbygegaan het en die vyand verdwyn het,
5. sal Dawid se troondeur liefde gevestig word. Van daardie troon af sal ’n getroue koning regeer en hy sal doen wat regverdig en reg is.
6. Is dit Moab, daardie trotse land waarvan ons so baie gehoor het? Sy hoogmoedige gespog en arrogansie is alles weg!
7. Die hele land Moab huil. Ja, julle mense van Moab,huil oor die rosyntjiekoekevan Kir-Geres.
8. Huil oor die verlate plase van Gesbon en die wingerde van Sibma. Die wyn van hierdie wingerde het konings van nasies dronk laat word. Moab was soos ’n wingerdwat gestrek het tot by Jaseren gerank het tot in die woestyn. Die ranke hettot by die Dooie See gekom.