Jesaja 1:10-14 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

10. Luister na die woord van die Here, julle regeerders van Sodom! Luister na die bepalings van ons God, julle mense van Gomorra!

11. “Ek is siek van julle baie offers,” sê die Here. “Moenie nog meer brandoffers vir My bring nie! Die vet van julle ramme of ander diere wil Ek nie hê nie. Ek kry geen genot in die bloedvan julle bulleén ramme én bokke nie.

12. Wie het julle beveelom voor My te verskyn, om my voorhowe te vertrap?

13. Hou op om huigelagtige offers te bring.Julle wierook is vir My afstootlik.Julle feesvierings op Nuwemaanfees en Sabbatte, julle spesiale vasdae, ook julle vroomste byeenkomste kan Ek nie verdra nie,want dis vol boosheid!

14. Ek haat julle Nuwemaanfeeste en ander feeste. Dit het ’n las vir my geworden Ek kan dit nie meer verdra nie!

Jesaja 1