Jeremia 9:16-23 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

16. Ek sal hulle verstrooi onder die nasies wat nóg hulle nóg hulle voorouers geken het. Ek sal hulle met die swaard agtervolg totdat Ek hulle heeltemal uitgewis het.”

17. Die Here, die Almagtige, sê: “Dink ’n bietjie na oor wat aan die gang is! Roep die vroue wat rouklaag om treurliedere te kom sing.

18. “Maak gou en huil oor ons! Laat trane vloei uit julle oë.

19. Want die geluid van rouklag word in Sion gehoor: ‘Verwoesting het ons getref! Ons is verneder, want ons moet die land verlaat,en ons huise het puinhope geword.’”

20. Vroue, luister na die woordevan die Here. Hoor baie duidelik wat Hy sê. Leer julle dogters’n treurlied,leer hulle om klaagliedere te sing.

21. Want die dood het ons huise binnegekomdeur die vensters. Kinders speel nie meerin die strate nie. Jongmense kom nie meer bymekaar op die stadspleine nie.

22. Jy moet sê: Die Here sê: “Lyke sal oral soos mis op die oop velde lê. Dit sal lyk soos bondels graan wat afgeoes is. Niemand sal oorbly om hulle te begrawe nie.”

23. Die Here sê: “Mense met insig moeniespog met hulle kennis nie.Sterk mense moenie grootpraat oor hulle krag nie. Ryk mense moenie roem in hulle rykdom nie.

Jeremia 9