Jeremia 8:20-22 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

20. “Die oes is af en die somer is verby: tog is ons nog nie gered nie,” kla die mense.

21. Ek treur oor die pyn van my mense. Ek is stomverslae van verdriet.

22. Is daar nie medisyne in Gilead nie? Is daar nie ’n dokter wat kan help nie? Hoekom is daar nie genesing vir my volk nie?

Jeremia 8