Jeremia 7:29-32 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

29. “‘Inwoners van Jerusalem, sny julle hare af soos julle rouen gooi dit weg.Huil van smartop die kaal heuwels. Die Here het hierdie geslag verwerp,hulle wat sy toorn laat ontbrand het!’”

30. “Die mense van Juda het dinge gedoen wat vir My verkeerd is,” sê die Here. “Hulle het in my tempel beelde van hulle afgode gesit. Hulle het die tempel onrein gemaak.

31. Hulle het heidense hoogtes in Tofet in die Hinnomlaagte gebou. Daar het hulle hulle seuns en dogters in die vuur geoffer. Ek het hulle nooit opdrag gegee om sulke afgryslike dinge te doen nie. Dit is nie eers iets waaraan Ek ooit sou dink nie!”

32. Daarom sê die Here: “Pas op, die tyd kom dat hulle hierdie plek nie meer Tofet of Ben-Hinnomdal sal noem nie, maar Moorddal. Hulle sal so baie mense in Tofet begrawe dat daar nie meer plek vir al die grafte sal wees nie.

Jeremia 7