16. Die vrees wat julle inboesem, ook julle hoogmoed, mislei julle.Julle bly in rotsskeure en beheer die hoogste dele van die heuwel. Maar al bly julle op hoë pieke soos arende, sal Ek julle hard aarde toe bring.Ek, die Here, sê dit!
17. “Edom sal ’n verskrikking vir almal wees. Almal wat daar verbygaan, sal ontsteld wees en na hulle asems snak oor al die rampe wat hulle getref het.
18. Die vernietiging van Edom sal net so erg wees as toe Sodom en Gomorra en die dorpe in die omgewing verwoes is. Niemand sal meer daar bly nie,”sê die Here.
19. “Soos ’n leeu wat by die Jordaanrivier uit die bosse kom op soek na groen weivelde,so sal Ek hulle uit hulle eie land verjaag. Ek sal ’n leier van my keuse aanstel. Wie kan met My vergelyk word? Wie sal My uitdaag? Watter leier kan My opponeer?
20. Luister na die Here se plannevir Edom en vir die mense van Teman: Selfs die klein kindertjiessal weggesleep word. En hulle huise sal leeg staan.