13. Ek het gesweer – so waar as Ek leef! – dat Bosra ’n plek sal word waarvoor mense sal skrik. Die stad sal in ’n puinhoop verander. Mense sal die plek as ’n vloek beskou en met die stad spot. Al die dorpies in die omgewing sal vir altyd verwoes lê.”
14. Ek het ’n boodskap van die Here gekry:’n Gesant is na die nasies gestuurom te sê: “Span saam teen Edom! Maak gereed vir ’n geveg!
15. “Ek maak julle niksseggendonder die nasies,verag deur mense.
16. Die vrees wat julle inboesem, ook julle hoogmoed, mislei julle.Julle bly in rotsskeure en beheer die hoogste dele van die heuwel. Maar al bly julle op hoë pieke soos arende, sal Ek julle hard aarde toe bring.Ek, die Here, sê dit!
17. “Edom sal ’n verskrikking vir almal wees. Almal wat daar verbygaan, sal ontsteld wees en na hulle asems snak oor al die rampe wat hulle getref het.
18. Die vernietiging van Edom sal net so erg wees as toe Sodom en Gomorra en die dorpe in die omgewing verwoes is. Niemand sal meer daar bly nie,”sê die Here.
19. “Soos ’n leeu wat by die Jordaanrivier uit die bosse kom op soek na groen weivelde,so sal Ek hulle uit hulle eie land verjaag. Ek sal ’n leier van my keuse aanstel. Wie kan met My vergelyk word? Wie sal My uitdaag? Watter leier kan My opponeer?