Jeremia 49:1-4 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Hierdie boodskap gaan oor die Ammoniete.Die Here sê: “Het Israel nie ’n nageslag wat die grond van Gad kan erf nie? Hoekom het julle wat Milkom aanbid,Gad ingeneemen in sy dorpe kom bly?

2. Die tyd kom,” sê die Here, “dat Ek jou sal straf daarvoor en Rabba, die Ammonietestad, sal vernietig. Net ’n hoop bourommel sal oorbly. Die dorpies rondom sal ook afgebrand word. Dan sal Israel weer die land terugneem wat julle van hulle afgevat het,” sê die Here.

3. “Huil droewig, Gesbon, want die stad Ai is verwoes. Kla maar, inwoners van Rabba! Trek julle rouklere aan, huil en loop heen en weertussen die mure. Want julle god Milkom sal in ballingskap gaan,saam met sy priesters en sy amptenare.

4. Wat spog julle so met julle vrugbare valleie, julle ontroue mense? Julle vertrou op julle rykdom. Julle dink niemand kan julle aanval nie!

Jeremia 49