18. “Julle wat in Dibon bly, klim af van julle troontjies en kom sit in die stof. Die vyand wat Moab vernietig, kom ook teen Dibon veg. Hulle het julle vestings klaar verwoes.
19. Inwoners van Aroër, gaan staan langs die pad en kyk wat gebeur.Vra elke man en vrou wat vlug, wat probeer ontkom; vra hulle: ‘Wat het gebeur?’
20. Moab is verneder, hulle is gebroke. Huil en kla!Vertel dit by die Arnonrivier dat hulle Moab verwoes het!
21. Die straf oor die dorpe op die hoogland het aangebreek, oor Golon, Jahas, Mefaät,
22. Dibon, Nebo, Bet-Diblatajim,
23. Kirjatajim, Bet-Gamul,
24. Bet-Meon, Kerijot en Bosra. Hulle sal al Moab se dorpe straf,dié wat naby en dié wat ver is.
25. Moab se mag is vernietig. Sy mag is gebreek,” sê die Here.
26. “Maak Moab dronk, want hulle is arrogant teenoor My, die Here. Laat Moab in hulle braaksel rol sodat ander hulle sal spot.