Jeremia 36:1-2 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Die Here het weer vir Jeremia ’n boodskap gegee. Dit was in die vierde jaar wat Jojakim seun van Josia koning van Juda was. Hy het gesê:

2. “Kry ’n notaboek en skryf al die boodskappe neer wat Ek vir jou oor Israel, Juda en die ander nasies gegee het. Begin so ver terug as die tyd van koning Josia toe Ek die eerste boodskap vir jou gegee het tot dié wat Ek nou vir jou gee.

Jeremia 36