9. Toe het die Heresy hand uitgesteek en aan my mond geraak. Hy het vir my gesê: “Ek het my woorde in jou mond gesit.
10. Ek stel jou vandag aan oor nasies en regerings,om sommige te ontwortel en plat te slaan,om ander op te bou en nuut te vestig.”
11. Die Here het vir my gesê: “Wat sien jy, Jeremia?” Ek het geantwoord: “Ek sien ’n amandeltakkie.”
12. En die Here het vir my gesê: “Ja, dit is ’n amandeltakkie. En dit beteken dat Ek opleten gereed staan om te doen wat Ek gedreig het om te doen.”
13. Die Here het weer met my gepraat en gevra wat ek sien. Ek het Hom geantwoord: “Ek sien ’n kokende pot wat uit die noorde oorval hiernatoe.”
14. Toe sê die Here vir my: “Uit die noorde sal dodelike gevaar kom oor almal wat in Juda woon.
15. Ek laat die mense van al die koninkrykein die noorde na Jerusalem kom,”sê die Here.“Hulle sal hulle trone kom neersitby die ingang van die hekke.Hulle sal Jerusalem se mure aanvalen al die ander dorpe van Juda binneval.
16. So sal Ek my oordeel uitspreek oor my volkoor al hulle boosheid.Hulle het My verlaat en ander gode vereer. Ja, hulle buig voor die beelde wat hulle met hulle eie hande gemaak het!