Jeremia 1:14-19 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

14. Toe sê die Here vir my: “Uit die noorde sal dodelike gevaar kom oor almal wat in Juda woon.

15. Ek laat die mense van al die koninkrykein die noorde na Jerusalem kom,”sê die Here.“Hulle sal hulle trone kom neersitby die ingang van die hekke.Hulle sal Jerusalem se mure aanvalen al die ander dorpe van Juda binneval.

16. So sal Ek my oordeel uitspreek oor my volkoor al hulle boosheid.Hulle het My verlaat en ander gode vereer. Ja, hulle buig voor die beelde wat hulle met hulle eie hande gemaak het!

17. “Staan op en trek jou aan, en gaan sê vir hulle alles wat Ek gesê het. Moenie vir hulle bang wees nie, anders laat Ek jou dalk verleë voor hulle staan!

18. Ek beskerm jou teen hulle. Ek maak jou soos ’n versterkte stad, so vasgeanker soos ’n ysterpaal of soos ’n muur wat van koper gemaak is. Jy sal sterk genoeg wees om jou teen die konings van Juda, hulle amptenare, hulle priesters en enige van die land se mense te handhaaf.

19. Hulle sal jou probeer onderkry, maar dit nie regkry nie. Ek is aan jou kant en sal jou beskerm. Ek, die Here, belowe dit!”

Jeremia 1