Jeremia 1:12-14 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

12. En die Here het vir my gesê: “Ja, dit is ’n amandeltakkie. En dit beteken dat Ek opleten gereed staan om te doen wat Ek gedreig het om te doen.”

13. Die Here het weer met my gepraat en gevra wat ek sien. Ek het Hom geantwoord: “Ek sien ’n kokende pot wat uit die noorde oorval hiernatoe.”

14. Toe sê die Here vir my: “Uit die noorde sal dodelike gevaar kom oor almal wat in Juda woon.

Jeremia 1