Jakobus 2:3-5 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

3. As julle dan ’n ophef maak van die persoon met die deftige klere, en julle sê vir hom: “U moet asseblief hier gemaklik kom sit,” maar vir die arm man sê julle: “Jy kan maar daar anderkant gaan sit,” of: “Kom sit hier op die vloer,”

4. sal julle nie toegee dat julle diskrimineer en mense op grond van verkeerde oorwegings beoordeel nie?

5. Luister, my geliefde broers en susters! Kies God nie juis dié uit wat in die oë van die wêreld arm is, om ryk te wees in die geloof nie? Is dit nie húlle wat die erfgename is van die koninkryk wat Hy belowe het aan dié wat Hom liefhet nie?

Jakobus 2